Mej. SA neem nie deel aan Mej. Wêreld
2012-06-30 09:01
Johannesburg – Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika, sal nie vanjaar aan die Mej. Wêreld-kompetisie, wat in Ordos, China, gehou word, deelneem nie, berig Beeld.
Sue Klerck van Sun International het gesê daar is “niks verkeerd” met Bam nie en het ook gerugte dat sy (Bam) swanger is, ontken.
Bam het gesê dit was 'n persoonlike besluit, maar is nie te wyte aan omstandighede nie
“Ek plaas my fokus 100% op dit wat vir my land die beste voordeel inhou en ek streef om die beste Mej. SA te wees wat ek kan wees.
“Ek glo dat (die publiek) my ook met hierdie besluit sal vertrou en my daarin sal ondersteun.
Ek sal nou, met die min tyd oor, graag meer aandag wil gee aan my projek by die Thuthuzela-sentrums (vir verkragte vroue), bemagtiging en leierskapsontwikkeling van die jeug, my voorbereiding vir Mej. Heelal, tesame met al my ander verantwoordelikhede in my hoedanigheid as Mej. SA.”
Bam sal wel in Desember aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem.
Remona Moodley, die eerste prinses, sal nou op 18 Augustus die land by die kompetisie verteenwoordig. Sy het gesê sy is baie opgewonde oor die vooruitsig.
– Volg Nuus24 op Twitter