Meer as 250 vertonings op fliekfees in Durban

2011-06-21 08:37
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die 32ste internasionale rolprentfees in Durban open op 21 Julie met die première van Otelo Burning, ’n plaaslike branderryprent wat in Durban afspeel.

Meer as 250 vertonings is vanjaar deel van Suid-Afrika se oudste rolprentfees, wat tot 31 Julie in dié stad plaasvind.

Otelo Burning, van die regisseur Sara Blecher, speel in die laat jare 80 af en handel oor ’n klompie jong mans van die Durbanse township Lamontville, wat deur branderplankry aan die politieke geweld van hul tyd ontsnap. ’n Nuwe leefstyl wink vir elkeen, maar kan ­hulle hul morele verpligtinge agterlaat? Die hoofspeler is Jafta Mamabolo, wat die jong Kunene in die rampokker-rolprent Jerusalema gespeel het.

Van die jongste Suid-Afrikaanse rolprente sal op die fees die eerste keer plaaslik vertoon word.

Onder die prente is die Kaapstadse regisseur ­Oliver Hermanus se Skoonheid wat die Queer Palm op die afgelope Cannes-rolprentfees ontvang het en in die afdeling Un ­Certain Regard gedraai het.

Daar is ook die eerste vertoning van die Johannesburgse regisseur Char­lie Vundla se How to Steal 2 Million, asook Damir Radonic se Taka Takata, waarin die komediant Trevor Noahte sien is. Zuko Nodada se The Dream sal ook draai.

Die Nederlandse regisseur Paula van der Oest se drama oor die Afrikaanse digteres ­Ing­rid Jonker, Black Butterflies, draai die eerste keer in Suid-Afrika. Dit is verlede jaar in Kaapstad verfilm.

Ses rolprente van die ontslape Indiese regisseur Satyajit Ray (1921-1992) is deel van ’n spesiale fokus op hom.

Kanada se sterk rolprentjaar is ook in fokus. Vyf ­vollengte-prente, insluitend Denis Villeneuve se Oscar­benoemde Incendies, ’n uitdagende en emosionele besoek aan die Midde-Ooste en die blootlê van ’n gesin se donker geheime; Maxime Giroux se drama oor grootword, Jo For Jonathan; en Ed Gass-Donnelly se Small Town Murder Songs, oor ’n afgetrede polisieman wat by ’n moordraaisel betrokke raak, draai saam met drie dokkies uit dié land.

Onder die inskrywings uit die res van Afrika is Nigerië se Restless City van Andrew Donsunmu, Justin Chadwick se The First Grader van Kenia, wat handel oor ’n bejaarde wat homself vir gr.1 inskryf.

’n Talentkampus, slypskole en besprekings is ook op die program, asook die tweede Durbanse rolprentmark.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: rolprente  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.