Meer Binnelanders op die kassie
2010-03-15 13:49
Johannesburg - Toe Egoli na 18 jaar op Suid-Afrikaners se kassie hierdie maand geëindig het, was kykers baie nuuskierig om te weet watter nuwe reeks dié reeks sal vervang. Maar M-Net het ‘n ander plan met dié halfuur-gleuf gehad.
Dié stasie het aangekondig dat die sepie Binnelanders verleng sal word na ‘n uur-lange program om die leemte van Egoli se halfuur-gleuf te vul.
Volgens Helen Smit, M-Net se hoof van plaaslike inhoud, is kykers gewoond om vir ‘n uur lank sepies te kyk. Daarom sal dié stasie graag hierdie uur, van 18:00 tot 19:00, as 'n sepie-uur behou.
Dit beteken die vervaardigers van Binnelanders het groot uitdagings wat voor hulle lê, maar M-Net en die Binnelanders-span meen hulle is positief oor die nuwe formaat.
Kliek hier vir die volledige storie.