Mike Tindall 'het verkeerd onthou' oor eksmeisie
2011-10-05 11:32
Londen – Die Engelse rugbyspeler Mike Tindall en sy eksmeisie, Jessica Palmer, is op kringtelevisie vasgevang waar hulle saam by ‘n kroeg in Nieu-Seeland kuier.
Tindall, wat getroud is met Zara Phillips, koningin Elizabeth se kleinkind, en die 29-jarige blondine, wat die paartjie se troue in Julie bygewoon het, is tans in die land vir die Wêreldbekerrugbytoernooi.
Palmer is glo hoogs ontsteld oor die swart-en-wit-foto’s van haar en Tindall wat die ronde doen.
Haar ouma, Joan Turton, het aan Brittanje se Daily Mail gesê Palmer is baie ontsteld.
“Die media is besig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak. Hulle het mekaar jare gelede gesien maar hulle is nou net vriende. Dit is totaal onskuldig.
“Hulle is goeie mense maar sommige mense sien die dinge en word ontsteld.”
Tindall en Palmer het vir ‘n jaar uitgegaan en sy was sy laaste meisie voordat hy later vir Phillips ontmoet en met haar getrou het.
Tindall, het aanvanklik ontken het dat hy die Altitude-kroeg saam met Palmer verlaat het om na 'n ander kuierplek te gaan, maar hy het intussen erken hy "het verkeerd onthou".
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.