Matt Lucas se eksman hang homself
2009-10-07 01:04
Londen – Matt Lucas van Little Britain se eks-huweliksmaat, Kevin McGee, is dood by sy huis in Edinburgh aangetref.
Hy het homself blykbaar gehang nà hy op Facebook gesê het “Kevin McGee thinks death is much better that life”.
Die polisie is blykbaar ingeroep toe ‘n vriend besorgd was oor sy Facebook-kommentaar.
Matt Lucas en Kevin McGee was vir 22 maande in ‘n burgerlike huwelik voordat hulle verlede jaar geskei het.
Lucas was “heeltemal stukkend” toe hy die nuus hoor.
“Lucas was altyd baie lief vir Kevin, ten spyte van hulle verskille en ‘n moeilike huwelik,” het ‘n vriend gesê.
Lucas en Kevin se burgerlike huwelik is tot niet verklaar weens McGee se onredelike gedrag.
- www.entertainmentwise.com