Matt Damon en vrou nog ‘n kind ryker
2010-10-25 18:28
New York - Dis nóg ‘n dogtertjie vir Matt Damon en sy vrou.
Damon se woordvoerder, Jennifer Allen, sê Luciana Damon het Woensdag aan Stella Zavala Damon geboorte geskenk in New York.
Sy is die paartjie se derde dogter. Sy sluit aan by Gia, wat in 2008 gebore is, en Isabella, wat in 2006 gebore is. Luciana het ook ‘n dogter, Alexa, uit ‘n vorige huwelik.
Damon het sy vrou in 2003 ontmoet terwyl sy agter die kroeg in Florida gewerk het terwyl hy aan die fliek “Stuck on You” gewerk het. Hulle is in Desember 2005 in New York getroud.
Damon het die rol van Francois Pienaar in die fliek oor 1995 se rugbywêreldbeker, “Invictus,” vertolk.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP