Martin, Baldwin gashere vir Oscars 2010
2009-11-04 13:09
Los Angeles – Die organiseerders van die Oscars-toekennings het aangekondig dat die komediant Steve Martin en die 30 Rock-ster Alec Baldwin die gashere vir 2010 gaan wees.
Die keuse van Martin en Baldwin kom ietwat as ‘n verassing. Hugh Jackman wat verlede jaar Februarie die aanbieder was, het uitstekende resensies en ‘n hoë kykertal as vorige jare gekry.
Die regisseur Adam Shankman is voorheen gehuur om die Oscars as mede-aanbieder saam met Jackman aan te bied. Gebasseer op Jackman se sukses en Shankman se musiekagtergrond, het baie mense gedink die organiseerders sal weer vir so 'n kombinasie gaan.
“Ek is gelukkig om die Oscars saam met my vyand Alec Baldwin aan te bied,” het Martin in ‘n verklaring gesê.
“Ek speel nie die banjo nie, maar ek is opgewonde om ‘n gasheer van die Oscars te wees. Dit is ‘n geleentheid wat net eenkeer in jou leeftyd kom,” het Baldwin gesê.
Die Oscars waar die beste rolprent, vervaardiging, skryf en ander toekennings uitgedeel word, is een van die programme wat die meeste in Amerika gekyk word. Maar die kykertal het die laaste paar jaar begin afneem omdat stemmers kleiner begroting dramas oor groot rolprente verkies.
Organiseerders gaan dus nuwe idees by die Oscars voeg om dit jaarliks meer interessant te maak. Dit was een van die redes hoekom Jackman gehuur was om die seremonie in 2009 aan te bied.
Martin het al die Oscars-toekennings twee keer vantevore in 2001 en 2003 aangebied terwyl dit Baldwin se eerste keer is.
Die Oscars word op 7 Maart 2010 in Los Angeles gehou.
- Reuters