Marley nié Hill se sesde se pa
2011-07-27 20:37
Los Angeles – Ná die geboorte van Lauren Hill se sesde kind
was dit nodig vir haar om die publiek te laat verstaan dat dit nié Rohan Marley
se kind is nie.
Haar aanhangers was dus verkeerd om aan te
neem dat Marley haar gelos het terwyl sy swanger was met sy kind.
“Alle goeie wense aan me. Hill met die geboorte
van haar nuwe seun,” het Marley getweet.
Dit en foto’s van Rohan Marley in die arms van
‘n ander vrou het aanhangers van dié bekende paartjie erg ontsenu.
Lauren Hill het egter op haar webtuiste vir
Marley verdedig.
Sy het verduidelik dat sy en Marley ‘n “lang
en ingewikkelde geskiedenis” deel en dat hulle saam baie lief is vir hulle vyf
kinders.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP