Marita maak ’n Woordfees-draai

2012-02-08 09:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Verrassing wag op boekliefhebbers by vanjaar se US Woordfees in die vorm van die gewilde skrywer Marita van der Vyver.

Van der Vyver, wat deesdae in Frankryk woon, tree op as beoordelaar vir die fees se WOORDtroFEE-toekennings en gaan ook as spesiale feesgas by ’n plaasmiddagete oor haar nuwe roman gesels.

Dié gesprek vind op 7 Maart op die Knorhoek-wynplaas plaas. Haar uitgewer, Riana Barnard, gaan die gespreksleier wees.

Van der Vyver het laat val dat sy die laaste hoofstuk van die boek, wat in Oktober by Tafelberg verskyn, eers die afgelope naweek voltooi het.

Die manuskrip is trouens nog so vars dit het nie eens ’n titel nie, het sy gesê. Die verhaal strek oor drie geslagte van ’n Afrikaanse familie – van Kaapstad in die jare dertig tot Lissabon in die jaar 2000.

Van der Vyver se Knorhoek-optrede verskyn nie in die Woordfees se gedrukte program nie. Lesers en feesgangers kan by Computicket bespreek vir dié optrede.

Nog ’n verrassing op die bygewerkte feesprogram is die teenwoordigheid van die Nederlandse teatergeselskap Theater van de Verloren Tijd. Die gewilde teateregpaar Sjon Brands en Dorith van der Lee ken meer as 600 gedigte in Nederlands, Vlaams en Afrikaans uit hul kop.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.