Maree met 'Victoriabaai' gegroet

2011-02-21 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – “Êrens in die groot Victoriabaai staan Lucas Maree vanaand saam met ons.”

Met dié woorde van Steve Hofmeyr het Afrikaanse sangers Saterdagaand hulde gebring aan een van die grootste geeste in Afrikaanse musiek.

Maree het ná maande sy stryd teen prostaatkanker verloor. Hy is Vrydag omstreeks 23:00 in die Hillondale-versorgingsoord in Bloemfontein oorlede.

Maree was sedert November net tien dae tuis en het die res van die tyd in die hospitaal deurgebring.

Hy het ook aan nierversaking gely.

Sy jare lange vriend Mathys Roets het voorgestel die sowat 16 sangers wat die aand op Kurt Darren se plaas naby Mookgophong (Naboomspruit) vir dié se verjaardag gaan optree het, begin met Maree se Victoriabaai.

Roets het die sangers, wat in ’n ry agter hom gestaan het, gelei in dié lied, terwyl mense in die skare plek-plek opgestaan het as teken van respek.

Op die groot skerms langs die verhoog en op die veld het foto’s van Maree se lewe en boodskappe van meelewing geflits.

“Ons gaan jou mis, Lucas,” het een boodskap gelui.

Roets het vertel hoe hy nog verlede week met Maree oor die foon gesels het.

“Toe ek Woensdagaand met hom gesels het, wou hy nie baai sê nie. Hy het heeltyd, net nadat hy wou aflui, nog gesels. Hy het eindelik omtrent vier keer baai gesê.”

Dit was die laaste keer dat hy en Maree gepraat het.

Hofmeyr het Maree beskryf as ’n “groot reus wat altyd plek gemaak het vir almal”.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Sfeil bultjie om te klim. bewys na twaa;f jaar? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.