Idols pos Mara Louw ná vodka, rasklagtes

2011-01-19 08:13
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Mara Louw sal nie weer vanjaar deel wees van die Idols-beoordelaarspaneel nie.

Louw se plaasvervanger is glo reeds aangewys en is klaarblyklik ook ’n vrou en iemand wat in die musiekbedryf werk.

Die einde van Louw se betrokkenheid by Idols kom nadat die verhouding tussen haar en M-Net verlede jaar erg versuur het weens uitlatings wat sy oor die reeks gemaak het.

Louw het reguit gesê L’loyd Cele, wat tweede geëindig het, moes die reeks gewen het. Sy het verklaar die kompetisie is vol rassisme en dat daar slegs ’n swart wenner sal wees indien M-Net die regte op die reeks aan die SABC verkoop.

“Swartes het nie toegang tot DStv nie. Dus word ’n groot deel van Suid-Afrikaners uitgesluit. Wittes stem vir wittes en swartes trek aan die kortste ent,” het Louw ná die reeks aan ’n koerant gesê.

Kykers het ná die voorval Louw se kop geëis en daar is selfs verskeie groepe op Facebook gestig waar gevra is dat sy vervang moet word.

Louw is ook deur die loop van die reeks deur M-Net berispe omdat sy pynpille en drank gemeng het kort voor die opname van een van die episodes.

Sy het onsamehangende kommentaar gelewer en die f-woord gebruik (laasgenoemde is egter uitgesny en kykers het dit nie gehoor nie).

Louw was sedert 2003 by vyf Idols-reekse betrokke. Sy was in dié tyd dikwels in die nuus weens omstrede uitlatings en kykers het haar gereeld van rassisme beskuldig.

Dié omstredenheid het egter verlede jaar skerp toegeneem.

M-Net wou nie Dinsdag die gerugte bevestig of ontken nie.

“Ons sal waarskynlik môre (vandag) of Donderdag ’n aankondiging oor die beoordelaarspaneel doen,” het Lani Lombard, hoof van korporatiewe kommunikasie by M-Net gesê.

Louw kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: bekendes  |  idols

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.