Mannie Manim bedank by Fugard-teater

2010-12-07 09:27
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Mannie Manim, uitvoerende direkteur van die Fugard-teater in Distrik Ses, het Sondag bedank.

Hy het op 2 Januarie vanjaar in die pos begin nadat hy van 1999 uitvoerende bestuurder van die Baxter-teatersentrum was.

Daar word reeds met ’n teaterbestuurder in Kaapstad onderhandel om die pos oor te neem.

Manim het gedurende die onrustige tydperk met gerugte wat die ronde gedoen het oor probleme by die teater nooit enige kommentaar gelewer nie.

Sy enigste kommentaar op sy bedanking was: “Ek wens die teater en almal wat daar werk sukses toe. Ek het niks verder om oor die saak te sê nie.”

Hy gaan sy loopbaan in die teater as vervaardiger en beligtingsontwerper op ’n vryskutbasis voortsit, lui ’n nuusverklaring.

Eric Abraham, stigter-vervaardiger en borg van die teater, het ’n kort mediaverklaring uitgereik waarin hy sê hy is dankbaar vir die werk wat Manim gedoen het om die teater gevestig te kry. Hy het bevestig dat die nuwe bestuurder binne ’n dag of twee aangekondig sal word.

Hy het bevestig dat die teater nie meer die tuiste is van die Isango Ensemble (voorheen die Isango Portobello-geselskap) nie en dat hulle die gebou verlaat het. Klaarblyklik is verskille tussen die teater en die Isango Ensemble opgelos.

Die Fugard-teater word volgende jaar as lokaal gebruik vir Die Kaptein se Tier, wat tydens die Suidooster-fees opgevoer word. Antjie Krog het Athol Fugard se toneelstuk The Captain’s Tiger vir dié geleentheid vertaal.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: athol fugard  |  teater

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.