Mandela moeilikste rol nóg - Freeman
2010-02-05 05:08
Londen – Hy het die president van Amerika gespeel en hy moes al twee keer God speel, maar dit kan nie vergelyk met die uitdaging om Nelson Mandela te speel nie, het Morgan Freeman gesê.
“Mandela, jy moet hom regtig ken,” het Freeman aan CNN oor sy rol in die fliek Invictus gesê.
“Wanneer jy Mandela ontmoet weet jy dat jy in die teenwoordigheid van iets groot is. Dit is iets wat net by hom uitstraal,” het hy oor Mandela gesê.
Tog was dit nie maklik om Mandela te speel nie, het Freeman aan CNN gesê.
“Jy moes hom nou dopgehou het. Sy loop, praat, gewoontes en karakter, dinge soos dit,” het hy verduidelik.
Vir die volle berig, lees hier
CNN