Mandela-familie kry hul eie realiteitsreeks
2011-09-29 18:38
Johannesburg – Suid-Afrikaners sal die geleentheid kry om die Mandela-familie se lewe van nader te beskou met ‘n nuwe realiteitsreeks wat binnekort uitgesaai gaan word, het die familie Donderdag bekendgemaak.
Die program sal op die lewens van drie kleinkinders van oudpres. Nelson Mandela fokus, het Rick Leed, vervaardiger van die realiteitsreeks, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.
Die drie kleinkinders, Dorothy Adjoa Amuah, Zaziwe Dlamini-Manaway en haar jonger suster Swati Dlamini, het in Amerika grootgeword, maar na Suid-Afrika teruggekeer vir sake- en familieredes.
“Dit gaan oor drie vroue…wat wegbreek van die (Mandela) nalatenskap om hul eie voete te vind,” het Graeme Swanepoel, regisseur, gesê.
Die realiteitsreeks, wat nog nie ‘n naam het nie, sal vroeg in 2012 uitgesaai word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA