Man wat Halle Berry glo teister pleit onskuld
2011-07-14 14:10
Los Angeles – ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy die aktrise Halle Berry agtervolg het, het Woensdag skuld ontken op die aanklagte.
Die 27-jarige Richard A. Franco is beveel om 457 m weg van die Oscar-bekroonde aktrise te bly indien hy uit die tronk vrygelaat word.
Franco het nie tydens hofverrigtinge gepraat nie.
Ken Star vir die verdediging het die pleitooreenkoms namens Franco gehanteer en het nie die beskermingsbevel, wat deur regter Upinder S. Kalra uitgereik is, teengestaan nie.
Die aktrise het nie die hofverrigtinge bygewoon nie, maar het Franco sedert Saterdag al twee keer gesien, toe hy toegang tot haar huis in Hollywood-Hills verkry het.
Volgens die staatsaanklaer en Star het Berry vir Franco ná sy ingehtenisname Maandagaand uitgeken.
Franco kan tot drie jaar tronkstraf gevonnis word indien hy skuldig bevind word. Hy sal in aanhouding bly tot sy borgtog van $150 000 (sowat R1 miljoen) betaal word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP