Man sterf in fratsongeluk op filmstel
2011-11-24 09:01
New Orleans – ‘n Lid van 'n span wat aan die film G.I. Joe 2: Retaliation gewerk het, het op dié rolprent se stel in New Orleans gesterf.
Virginia Lam, woordvoerder van Paramount Pictures, het Woensdag bekendgemaak dat Mike Huber Dinsdag oorlede is.
Sy wou nie kommentaar lewer rondom die omstandighede van sy dood nie, maar het gesê dit was ‘n fratsongeluk.
Remi Braden, ‘n polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het op eiendom wat aan Nasa behoort, plaasgevind en die federale regering is besig met die ondersoek.
‘n Woordvoerder van Nasa was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Volgens Lam gee die vervaardigers hul volle samewerking met die ondersoek.
Die akteurs Bruce Willis, Dwayne "The Rock" Johnson en Channing Tatum speel in die rolprent.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP