Man beroof rapper se huis
2009-12-12 03:01
St. Louis – ‘n Man het by die rapper, Nelly, se huis in St. Louis ingebreek en verskeie elektroniese toerusting en video-speletjies gesteel, het die polisie gesê.
Volgens owerhede was dié Grammy-wenner nie by die huis toe die voorval vroeg Vrydagoggend plaasgevind het nie.
Rick Eckhard, ‘n polisiewoordvoerder het gesê die man het deur ‘n venster toegang tot Nelly se huis verkry. Volgens hom was daar drie mense ten tyde van die voorval in die huis wat die man gekonfronteer het.
“Die man het met elektroniese toerusting en video-speletjies weggekom.”
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Sapa-AP