Man (23) sterf terwyl hy Twilight kyk
2010-07-05 19:00
Wellington – ‘n 23-jarige man is dood in ‘n bioskoop aangetref nadat hy die nuutste film in die Twilight-reeks, Eclipse, gekyk het.
Volgens die polisie in Nieu-Seeland is die man se lyk Sondag in sy stoel in die bioskoop gevind na afloop van film se laatmiddag-vertoning.
Sy dood word as “onverklaarbaar, maar nie suspisieus” beskryf.
Volgens Scott Miller, ondersoekbeampte, het die man geen sigbare beserings opgedoen nie. ‘n Nadoodse ondersoek sal Dinsdag gedoen word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA