Malema se liedjie vlieg van die rakke
2011-12-08 22:00
Kaapstad – 'n Omstrede liedjie oor Julius Malema, geskorste leier van die ANC-Jeuliga, is besig om van Durbanse musiekwinkels se rakke te vlieg, het Isolezwe Donderdag berig.
"Die eerste klomp CD's wat ons bestel het, het in minder as drie weke uitverkoop. Ons het intussen nog 'n bestelling geplaas," het Sihle Mbanjwa van die Jet-musiekwinkel aan die koerant gesê.
Die omstrede liedjie is deur Izingane Zoma, ‘n maskandi-groep, geskryf.
Volgens Isolezwe het mense die CD gekoop omdat hulle na die liedjie getiteld "uMalema" wou luister.
Izingane Zoma het ook 'n trefferliedjie oor pres. Jacob Zuma geskryf voordat hy in 2007 tot president verkies is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA