Malema, minister partytjie saam met Mej. SA
2011-08-19 10:17
Kaapstad – Mej. Suid-Afrika, Bokang Montjane, is Woensdagaand tydens ‘n swierige partytjie by Sun International in Sandton gegroet voor haar deelname aan die Mej. Heelal-kompetisie.
Bekendes, aanhangers en vriende het dié partytjie bygewoon vir Montjane, wat binne ‘n paar dae na Brasilië sal reis om Suid-Afrika daar te verteenwoordig.
Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, en Fikile Mbalula, minister van sport, was ook onder die gaste.
Montjane het aan DStv.com gesê dit is belangrik dat sy gefokus moet bly vir die kompetisie.
Bokang het haar gaste bederf toe sy van die tradisionele skeppings aan hulle vertoon het wat sy tydens die kompetisie gaan dra.
Die bekende Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Gert-Johan Coetzee het Bokang se uitrustings gemaak.
Die Mej. Heelal-kompetisie vind op 12 September plaas.
– Volg Nuus24 op Twitter.