Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

'Mal' jaar lê voor vir Heuwels Fantasties

2012-11-19 12:38
Tweets Share Share line Print

Durbanville – Die Heuwels Fantasties se derde album, Alles Wat Mal Is, is van 15 November af op die rakke en beloof nie net om huidige aanhangers verder te beïndruk nie, maar ook om nuwe luisteraars te lok.

Nuus24 se Marieke Snyman het met die manne gesels oor hulle nuwe album.

***

Ek ontmoet die band in die VIP-tent by die Oktoberfees in Kraaifontein. 

Dis aanvanklik moeilik om hulle aandag te kry, want almal wil graag foto’s saam met hulle hê. ‘n Goeie tien minute ná ons afgespreekte tyd sit ek en die band uiteindelik om ‘n tafel en skree vir mekaar terwyl Gian Groen kliphard op die verhoog sing.

Gaan dié album dieselfde klink as die groep se ander wenners? Dis immers die eerste ding wat 'n mens wil weet wanneer 'n groep 'n nuwe CD bekendstel.  

die heuwels fantasties
(Marieke Snyman)

“Ek dink dié album is bietjie meer 'punky' as ons vorige musiek,” sê Philip Erasmus, die tromspeler.

“Nee, moenie die woord ‘punky’ gebruik nie,” sê Pierre Greeff, die hoofsanger. “Dit klink dom. Sê eerder net punk.”

Goed dan. Punk sal dit wees…

Hunter lag en gee dan sy eie verduideliking. “Ek reken dit is ‘n mengsel van ons vorige twee albums.”

Fred den Hartog, die kitaarspeler, knik instemmend.

die heuwels fantasties
(Marieke Snyman)

Hulle het die album by ‘n huis in Houtbaai opgeneem. Pierre meen hulle het die ruimte nodig gehad.

“Ons almal het ons eie huise in Kaapstad, maar die huis in Houtbaai was vir drie maande ‘n plek waar ons kon skryf en kreatief wees. In die oggend neem dit jou so 15 minute om daar uit te kom, dan laat jy jou meisie en huis en issues agter en konsentreer op die musiek.”

Hulle het 75% van die album daar geskryf, sê hy.

“Soos wat ons geskryf het, is van die musiek opgeneem. Daarna het ons dit ateljee toe gevat sodat dit verder verwerk kan word.”

Hunter sê hulle het probeer om ‘n positiewe gevoel te skep. 

“Ek meen, van ons vorige goed is nie noodwendig positief nie. Hierdie keer wou ons gehad het die album moet ‘n koel, someralbum wees.

“Daar is klanke op die album wat van ons aanhangers nog nie gehoor het nie, maar ek dink hulle sal daarvan hou,” sê hy.

die heuwels fantasties
(Marieke Snyman)

Pierre reken dié CD is eintlik die eerste wat hulle ten volle as band sáám gemaak het.

“Hierdie keer weet ons presies waarvan die ander lede van die band hou, ons verstaan mekaar en weet hoe om mekaar aan te vul,” sê hy.

Die afgelope jaar was baie bedrywig vir Die Heuwels Fantasies. Hulle was op toer om die VanFokKingTasties-CD bekend te stel, hulle het by Skouspel opgetree, Hunter en Pierre was op vakansie in Ierland en Philip was saam met sy meisie in New York.

“Ek was na movie premiéres toe, het live shows gekyk en tyd saam met my meisie (‘n internasionale model) spandeer. Ek het ook vir Will Farrell in lewende lywe gesien, wat cool was,” verduidelik Philip.

Fred het in die Kaap agter gebly. Toe ek hom vra wat hy op sy eie hier aangevang het, het ek net ‘n handgebaar gekry wat liefs nie in te veel detail verduidelik moet word nie.

die heuwels fantasties
(Marieke Snyman)

Die res van die jaar is propvol optredes om die nuwe album so wyd as moontlik bekend te stel. Volgende jaar begin boonop ook op ‘n besige noot, met optredes op 'n hele paar kleiner dorpies.

“Ons gaan verniet by skole op al die klein dorpies speel waar ons nooit regtig uitkom nie,” sê Hunter.  “Dit gaan lekker wees.”

– Die Heuwels Fantasties se nuwe CD is beskikbaar op hulle webwerf, SupraShop.

– Vir meer oor die band besoek hulle webwerf, of volg hulle op Twitter of Facebook.

– Volg Nuus24 en Marieke Snyman op Twitter.

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Pretoria - 09:24 AM
    Road name: R21 Northbound
    DELAYS can be expected approaching Fountain Circle
  • Saturday Kempton Park - 09:06 AM
    Road name: Elgin Road
    ROADWORKS - stop / go controls near the railway bridge
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BDE ? Clearing & Forwarding

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.