Madonna weer op die rak
2010-02-03 10:08
Los Angeles - Die internasionale popster Madonna se Brasiliaanse kêrel wat 28 jaar jonger as sy is, Jesus Luz, het haar gelos.
Die 23-jarige Luz het die verhouding beëindig oor die groot ouderdomsverskil en hul besige werkskedules.
'n Bron het aan die Chicago Sun-Times gesê Luz het voorgestel dat hulle die verhouding beëindig.
Die model het ook besef dat hulle 'n gebrek aan gesamentlike belangstellings het en dat dit nie goed is vir 'n langtermynverhouding nie.
Madonna en Luz het in Desember 2008 tydens 'n fotosessie vir die New Yorkse tydskrif W Magazine ontmoet.
– Tonight