Madonna se bekruiper weer vasgetrek
2012-02-10 23:01
Los Angeles – Die polisie het die man wat daaraan skuldig bevind is dat hy gedreig het om Madonna dood te maak vasgetrek nadat hy verlede week uit ‘n psigiatriese hospitaal ontsnap het.
Los Angeles se polisie-woordvoerder, Richard French, sê Robert Dewey Hoskins is Vrydag naby die Metropolitan-staatshospitaal, van waar hy ontsnap het, gevind.
Hy is verlede jaar daar opgeneem en is ná sy inhegtenisname teruggeneem soontoe.
Hoskins het ‘n 10 jaar vonnis uitgedien nadat hy in 1996 deur ‘n jurie daaraan skuldig bevind is dat hy Madonna agtervolg en gedreig het.
Die sanger het huiwerig teen die man getuig. Hoskins is deur Madonna se persoonlike sekuriteitswag geskiet ná hy oor die heining by haar huis in die Hollywood Hills gespring het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP