Madonna se Malawi-verhoor begin

2011-04-25 19:54
Tweets Share Share line Print

Blantyre - Die Amerikaanse popster Madonna het haar geregtelike verdediging in ‘n hof in Malawi, waar werkers by een van die sanger se liefdadigheidsorganisasies ‘n dagvaardiging vir onregmatige afdanking van stapel gestuur het, afgeskop.

Agt personeellede by die gefaalde liefdadigheid Raising Malawi Acadademy for Girls (RMAG) van $15 miljoen (sowat R101 miljoen) het dié aksie aan die einde van Maart geloots. Hulle beweer hulle is sonder behoorlike prosesse van hul pligte onthef.

Die ster het egter gesê daar is “niks onregverdigs omtrent die terminasie van die werkers se pligte nie, aangesien dié terminasie deur opregte ekonomiese redes genoodsaak is,” in dokumente wat verlede week deur die regsverteenwoordiger Davis Njobvu ingedien is.

Madonna het gesê die besluit om nie aan te hou om die projek te befonds nie, is deur haar liefdadigheidsorganisasie, Raising Malawi Inc. geneem “nadat daar deeglike hersiening gedoen is van die geldelike ooreenkomste en toekomstige planne in aanmerking geneem is”.

Die werkers, wat deur die voormalige hoof van die skool, Anjimile Oponya, gelei word, sê hulle is gedwing om ‘n terminasie-ooreenkoms te onderteken wat hulle as “onregverdig en ongrondwetlik” beskryf.

Madonna, wat die kinders David Banda en Mercy James uit Malawiese weeshuise aangeneem het, het gesê die organisasie was gewillig om hulle meer as wat hulle geskuld is te betaal, op voorwaarde daarvan dat hulle ‘n “vertroulikheidsooreenkoms” onderteken.

Die popster het ook gesê Raising Malawi, ‘n organisasie wat in Amerika geregistreer is en die fondse vir die bou van die skool bewillig het, word nie direk in die kwessie geraak nie en dat dit RMAG is wat “verantwoordelikheid sal neem vir enige kwessies met betrekking tot die aansoekers se indiensneming”.

Sy het gesê RMAG is “gereed en bereid om die applikante se pakette, soos uitgewerk met die wette van Malawi in ag genome, uit te betaal”.

‘n Verhoor vir die aansoek om Raising Malawi as party in die hofsaak uit te skakel, sal Woensdag in Blantyre aangehoor word.

Madonna het in Januarie aangekondig dat sy die direksie van Raising Malawi, wat aanvanklik beplan het om ‘n akademie van stapel te stuur wat 500 beurse aan meisies van agtergeblewe gemeenskappe kan bied, hersien.

Sy het in ‘n verklaring gesê sy het besef die akademie sal bloot nie genoeg wees nie, aangesien twee derdes van die meisies nie verder as laerskoolvlak opgevoed is nie en sy “duisende, en nie honderde nie” meisies wou bereik deur verskeie skole in die gebied te bou.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: madonna  |  malawi

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.