Madonna gaan paartjies in konflik help
2010-02-15 02:39
New York – Miskien sal sy advies hê oor wat nie in ‘n huwelik gedoen moet word nie.
Die sangeres en aktrise, Madonna wat reeds twee keer ‘n egskeiding deur is, sal binnekort in die realiteitsprogram, The Marriage Ref te sien wees.
Liz Rosenberg, Madonna se woordvoerder het bevestig datsy in die reeks te sien sal wees.
Die komedie- en realiteitsprogram behels bekendes en ‘n skeidsregter wat paartjies in konflik probeer help om weer mekaar te vind.
Dié episode waarin Madonna sal verskyn, is nog nie verfilm nie en Rosenberg het geen verdere besonderhede gegee nie.
Madonna was al met Sean Penn en Guy Ritchie getroud.
- AP