Ma van Hugh Grant se baba bekend
2011-11-03 20:07
Los Angeles – Die ma van die akteur Hugh Grant se baba is bekend en woon in ‘n £1.1 miljoen (sowat R14 miljoen) huis wat deur ‘n familielid gekoop is.
Die Chinese aktrise Tinglan Hong woon by die huis in die weste van Londen sedert sy ‘n maand gelede geboorte geskenk het.
Die 51-jarige Grant het haar Woensdag besoek nadat hy tyd afgekry het van die verfilming van sy film in Duitsland. Hy het in ‘n Ferrari-sportsmotor opgedaag en vir 40 minute gekuier.
Die 32-jarige Hong het glo na die huis getrek om nader aan Grant se huis in Fulham te wees terwyl sy swanger is. Die huis is deur Flora Hood, dogter van Grant se tante, gekoop.
Grant en Hong het mekaar in Januarie ontmoet en op ‘n rits afsprake gegaan. Maar hulle is sedert April nie meer ‘n paartjie nie en het mekaar sedertien net by ‘n paar geleenthede gesien.
Grant was nie by die geboorte van sy dogter op 26 September nie omdat hy ‘n politieke konferensie in Liverpool bygewoon het.
Die naam van sy dogter is nog nie bekendgemaak nie.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.