MTV-reeks kom tot ‘n einde
2010-03-25 10:23
Los Angeles – Aanhangers van MTV het omtrent aan die lippe gehang van die beeldskone dames van The Hills.
Maar hierdie televisiereeks, gebaseer op die vorige reeks Laguna Beach, kom nou tot ‘n einde.
Audrina Patridge, Kristin Cavallari, Lo Bosworth, Stephanie Pratt en ‘n hele paar ander sal moet groet sodra die sewende seisoen tot ‘n einde kom.
“Ek dink ons het nou die hele storie vertel. Die jonges het hulle voete in Los Angeles gevind en beweeg nou aan met hulle loopbane,” het Adam DiVello, skepper van die televisiereeks, gesê.
Die finale seisoen van The Hills sal op 27 April op televisie begin wys.
Lees meer hier.