M-Net dramareeks uitgestel oor sokkerbal
2010-04-19 12:24
Kaapstad – M-Net is geforseer om die uitsending van ‘n splinternuwe dramareeks uit te stel aangesien ’n Fifa-sokkerbal sonder toestemming in van die tonele gebruik is.
“M-Net en Waterfront produksies het besef dat die uitsaai van dié tonele teen regulasies gaan,” het die uitsender in ‘n verklaring gesê.
Die reeks, League of Glory, is veronderstel om die 28ste April te begin, maar die tonele wat die Fifa-sokkerbal in het, sal eers oorgeskiet moet word.
Na verwagting sal die reeks nou die 5de Mei gereed wees vir uitsending.
Die Fifa-sokkerbal word met ‘n gewone, swart-en-wit sokkerbal vervang.
– Sapa