Los haar sê Pitt se broer
2010-01-26 04:22
Brad Pitt se broer het hom glo aangeraai om sy vyf jaar lange verhouding met Angelina Jolie tot ‘n einde te bring.
Die koerant, The Sun, het berig dat Doug Pitt hierdie raad aan sy broer oor sy verhouding met Jolie gebied het, omdat hy voel die superster is ongelukkig.
Dié gerugte kom net ná berigte dat die glanspaar glo egskeidingsprokureurs gaan sien en ‘n skei-ooreenkoms van £205 miljoen (meer as R2,5 miljard) geteken het, die rondte gedoen het.
‘n Bron het glo aan dié koerant gesê dat dit geen geheim is dat hulle verhouding vir sowat ‘n jaar al 'liefdeloos' is nie en dat die paartjie al hoe minder tyd saam spandeer. Pitt se gesin het glo begin om hulle stemme oor die situasie dik te maak.
Lees meer by www.digitalspy.co.uk