Lohan wéér in die sop oor gemeenskapsdiens

2011-10-21 13:21
Tweets Share Share line Print

Los Angeles – Lindsay Lohan het Donderdag twintig minute laat opgedaag vir die eerste dag van haar gemeenskapsdiens by 'n lykshuis.

Die omstrede aktrise kon glo nie die ingang van die Los Angeles-lykshuis vind nie. Lohan is deur die hof beveel om 16 uur per week gemeenskapsdiens te doen totdat sy weer op 2 November in die hof moet verskyn.

Steve Honig, haar woordvoerder, het bevestig sy sal Vrydag weer by die lykshuis aanmeld.

“Lindsay het ongeveer twintig minute laat by die lykshuis aangekom en sal môre (Vrydag) weer by die lykshuis aanmeld,” het Honig aan RadarOnline gesê.

“Sy was laat omdat sy nie geweet het watter ingang om te gebruik nie. Die media wat vir haar koms buite gewag het, het ook verwarring veroorsaak.

“Lindsay het met die oorsieners by die lykshuis gesels en hulle het haar gewys waar die ingang is. Alles is uitgesorteer,” het Honig gesê.

Die 25-jarige ster se voorwaardelike vrylating is Woensdag in die hof in Los Angeles teruggetrek. Sy is met boeie uit die hof weggelei en in polisieaanhouding geplaas. Borgtog van $100 000 (sowat R821 000) is vir haar vrylating betaal.

Regter Stephanie Sautner het besluit om Lohan se voorwaardelike vrylating terug te trek nadat sy ‘n paar sessies van haar gemeenskapsdiens by die Downtown Women's sentrum misgeloop het.

Die aktrise is beveel om gemeenskapsdiens as deel van haar vonnis te doen nadat sy in Januarie ‘n halssnoer van $2,500 (sowat R21 000) gesteel het.

Lohan kan tot 18 maande tronkstraf gevonnis word wanneer sy op 2 November weer in die hof verskyn indien sy skuldig bevind word dat sy haar proefvoorwaardes verontagsaam het.

Bang Showbiz.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: lindsay lohan  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Nie geweet die duiwel het boodskappers nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.