Lohan was bekommerd oor haar finansiële situasie
2011-10-27 13:30
Los Angeles – Lindsay Lohan het besluit om die Playboy-fotosessie te doen omdat sy bekommerd was oor haar finansiële situasie.
Die Mean Girls-aktrise was glo ook bekommerd dat sy dalk tronkstraf opgelê kan word, berig RadarOnline.com.
Lohan staar tronkstraf van 18 maande in die gesig indien sy haar voorwaardes van haar voorwaardelike vrylating verontagsaam. Sy moet weer op 2 November in die hof verskyn.
“Lindsay het nog nie haar kontrak om in die John Gotti-film te verskyn onderteken nie. Sy is baie bekommerd oor haar finansies en sy het die geld nodig. Met die moontlikheid dat sy weer vir meer as ‘n jaar tronk toe gestuur kan word het sy gevoel die tyd is reg om die Playboy-fotosessie te doen,” het ‘n bron na aan die aktrise gesê.
Sy is onlangs deur ‘n hof beveel om 16 ure ‘n week skoonmaakwerk by ‘n lykshuis in Los Angeles te doen as deel van haar vonnis nadat sy vroeër vanjaar ‘n halssnoer gesteel het.
– Volg Nuus24 op Twitter.