'Lohan vorder goed' – regter
2012-01-18 10:00
Los Angeles – Die aktrise Lindsay Lohan vorder goed deur die voorwaardes van haar voorwaardelike vrylating na te kom, het 'n regter Dinsdag gesê.
Dít was die tweede positiewe verslag wat die omstrede 25-jarige aktrise van regter Stephanie Sautner ontvang het.
"Hou net aan doen wat jy besig is om te doen," het Sautner gesê.
"Die proefbeampte sowel as die sentrum waar jy vrywillige werk doen het goeie verslae oor jou geskryf," het sy bygevoeg.
Indien Lohan by haar skedule bly sal haar voorwaardelike vrylating teen einde Maart beeïndig word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP