Lohan se pa wéér agter tralies
2010-01-29 12:18
New York - Lindsay Lohan se pa is Donderdag wéér deur die polisie in Long Island, New York in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n beskermingsbevel verontagsaam het.
Bryan Konoski, ‘n prokureur vir Michael Lohan se gewese meisie, Erin Muller, het aan die New York Post gesê dat Lohan haar glo herhaaldelik by haar werk op 21 Januarie gebel het.
Dié bewering sou beteken dat Lohan ‘n beskermingsbevel verontagsaam het.
‘n Regter het in Junie verlede jaar gesê Lohan sal nie vervolg word op aanklag van teistering nie, mits hy vir ‘n jaar uit die moeilikheid bly.
Lohan het ontken dat hy gedreig het om sy meisie en homself dood te maak as sy hom sou llos.
Lohan se prokureur het gesê sy kliënt is die slagoffer van versinsels.
- Sapa-AP