Lohan kry spesiale behandeling in tronk
2010-07-27 22:32
Kaapstad – Lindsay Lohan kry glo spesiale behandeling in die tronk.
Sy het verlede Dinsdag haar vonnis van 90-dae in Californië begin uitdien.
Alhoewel daar van gevangenesse vereis word om hul haarverlengings en valse wimpers in te dien, is die 24-jarige aktrise toegelaat om dit aan te hou.
Die realiteitster, Alexis Neiers, wat in die tronksel langsaan was, sê sy kon gehoor het hoe Lohan huil.
Neiers is Vrydag vrygelaat nadat sy ‘n vonnis van 30-dae uitgedien het omdat sy by Orlando Bloom se huis ingebreek het.
Vir die volledige storie besoek Tonight.
Volg Nuus24 op Twitter.