Lohan in die sop oor 'gesteelde' juwele
2011-02-03 17:00
Los Angeles - Lindsay Lohan (24) is wéér in die moeilikheid.
Polisie in Los Angeles het 'n lasbrief vir Lohan se inhegtenisneming uitgereik, berig RadarOnline. Lohan het na bewering 'n halssnoer van $2,500 (sowat R18,000) van 'n winkel in haar buurt, Venice Beach, Californië, gegaps.
Een van haar vriende het die juwele aan die owerhede terugbesorg, en Lohan is dus nie in hegtenis geneem nie, berig TMZ.
Personeel by die betrokke winkel beweer hul het 'n video wat wys hoe Lohan die halsnoer aanpas, berig Radar. TMZ meen die winkel het nog nie beweer hul kan bewys hoe Lohan die winkel met die halsnoer in haar besitting verlaat het nie.
Of die winkeleienaars eise gaan indien is onseker. Lohan sal nietemin baie tyd aan haar gunstelling stokperdjie, hofverskynings, bestee.
Lohan is op proef en sal moontlik strafregterlike eise teen haar moet verdedig. Hierdie hou verband met die beweerde afklamping van die Betty Ford personeellid laas Desember, berig Radar. Haar volgende geskeduleerde hofverskyning is op 25 Februarie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.