Lohan-hofsaak: regter onttrek
2010-08-12 05:39
Los Angeles - Die regter wat die aktrise Lindsay Lohan tronk toe gestuur het, het haarself van die saak onttrek nadat ‘n aanklaer gesê het sy het kenners, insluitende ‘n rehabilitasiesentrum, in die privaat gekontak.
Regter Marsha Revel het haarself glo Vrydag onttrek en Regter Elden Fox het nou Lohan se saak oorgeneem.
Revel wou geen kommentaar lewer nie.
Jane Robison, ‘n woordvoerder vir die aanklaer in Lohan se saak, sê daar was ‘n paar gevalle waar Revel met kenners gekommunikeer het terwyl die aanklaer nie teenwoordig was nie.
Revel het glo in een van hierdie gevalle die Morningside-rehabilitasiesentrum gekontak en daarna besluit om Lohan soontoe te stuur vir haar herstel. Dié sentrum was nie op die lys wat deur kenners wat deur die hof aangewys is aan haar gegee is nie.
Shawn Chapman Holley, Lohan se regsverteenwoordiger, het Revel later oortuig om die ster na die Ronald Reagan mediese sentrum te stuur.
- SAPA