Lohan 'geskend' na inbraak
2009-08-27 14:11
Hollywood - Lindsey Lohan beweer dis ‘n “ou vriend” wat by haar huis ingebreek het.
Die aktrise van Mean Girls, wat glo erg geskok is oor die inbraak by haar huis in Los Angeles, het dié aantyging op Twitter kwytgeraak.
‘n Vriend het opgemerk dat dit ‘n gelukskoot is dat haar rekenaar nie gesteel is nie.
Lohan het hierop gereageer dat dit is “hoe (sy) weet dit was nie ‘n gewone inbraak nie. Geen elektroniese toestelle is gevat nie... net goed wat ‘n ou vriend geweet het vir (haar) baie beteken.”
Die 23-jarige ster het blykbaar by die huis aangekom en gevind dat haar kluis uit die muur geruk is en dat verskeie skoene, handsakke en juweliersware weg is.
Daar is sedertdien berig dat die kluis baie persoonlike foto’s en videos bevat het.
As dié in die publiek bekendgemaak word, sal dit haar erg in die verleentheid bring.
Haar pa, Michael, en haar ma, Dina, het hul kommer uitgespreek na die voorval en Lindsey het erken dat sy te op haar senuwees is om huis toe te gaan.
Lindsey het op Twitter gesê: “ek’s jammer ek was so lanklaas op.. My lewe is baie deurmekaar op die oomblik want iemand het by my huis ingebreek en ek voel erg geskend.
“Dit maak my baie hartseer en ook natuurlik bang.”
- BangShowbiz.com