Lohan deur fotograaf gedagvaar
2012-01-11 14:20
Los Angeles – Die omstrede aktrise Lindsay Lohan word deur 'n paparazzi fotograaf gedagvaar nadat hy deur haar motor omgery is.
Grigor Baylan beweer hy is deur Lohan se motor getref terwyl sy 'n nagklub in Hollywood verlaat het.
Alhoewel Lohan nie self agter die stuurwiel was nie, het Baylan se prokureur, Neil Steiner, aan TMZ gesê sy word steeds gedagvaar omdat haar assistent, wat die motor ten tyde van die voorval bestuur het, onder haar instruksies gery het.
Steiner het ook bekendgemaak dat hy Lohan se versekeringsmaatskappy gekontak het om die eis af te handel maar hulle het slegs 'n "klein aanbod" gemaak.
Hy soek nou "redelike skadevergoeding" vir Baylan wat vir ortopediese en neurologiese beserings behandel is nadat die ongeluk op 10 Januarie 2010 plaasgevind het.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.