Lindsay se ma wil realiteitsreeks laat maak
2010-10-15 04:16
Los Angeles – Lindsay Lohan se ma wil hê dat daar ‘n realiteitsreeks oor haar dogter se tyd in ‘n rehabilitasiesentrum gemaak moet word.
Dina Lohan is glo besig om aan die idee te werk vir ‘n nuwe program waarin die aktrise rondgevolg word gedurende haar tyd in die Betty Ford-sentrum in Palm Springs, Kalifornië.
Sy sal selfs toelaat dat daar met kameras ingegaan word wanneer sy haar dogter by die kliniek besoek.
“Dina het nie net met die idee opgekom om foto’s van haar dogter in die rehabilitasiesentrum aan die media te verkoop nie, maar sy wil ook ‘n realiteitsreeks begin!,” het ‘n bron gesê.
In die tussentyd het Lindsay se pa Michael, wat in 2005 van Dina geskei is, sy eks-vrou oor die kole gehaal omdat sy Lindsay se persoonlike probleme gebruik om haar eie loopbaan te laat vlamvat.
Lees meer by Tonight
Volg nuus24 op Twitter