Lily Allen verwag glo ‘n seuntjie
2010-09-10 09:00
Kaapstad – Die Britse sangeres Lily Allen wat in Februarie haar eersteling verwag, het onlangs gehoor dat sy ‘n seuntjie verwag, het vriende van die popsangeres gesê.
“Sy is regtig opgewonde en kan nie wag om geboorte te skenk nie. Sy vra die heeltyd vir ander ma’s oor hul swangerskap,” het ‘n vriendin aan The Sun vertel.
Volgens Allen geniet sy haar swangerskap, maar sy voel soms siek en kan nie ophou sop eet nie. Sy eet dit glo vir ontbyt, middagete en aandete.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.