Bondeltjie vreugde vir Lily Allen ná vele trane
2011-11-28 12:08
Los Angeles – Die Britse popster Lily Allen en haar man, Sam Cooper, het glo hul eerste kind, ‘n dogtertjie, in die wêreld verwelkom.
Allen het glo Vrydag, 25 November geboorte geskenk, alhoewel haar woordvoerder nie die nuus wou bevestig nie.
‘n Goeie vriend van die paartjie het aan die Mail Online-webwerf gesê alles het goed afgeloop tydens die geboorte.
Allen se ekskêrel, Seb Chew, het op Twitter sy gelukwensing aan die paartjie oorgedra.
Dié nuus kom ‘n jaar nadat die 26-jarige sangeres op ses maande ‘n miskraam gehad het.
Allen, wat ook in Januarie 2008 ‘n miskraam gehad het, het in Junie met Cooper getrou. Hulle het tydens hul huwelikseremonie aan hul gaste bekendgemaak dat hulle weer ‘n baba verwag.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.