Liggaam dalk dié van akteur
2010-02-26 05:26
Vancouver, Kanada – ‘n Liggaam is in Vancouver gevind en kan dalk dié van Andrew Koenig, die vermiste Growing Pains akteur wees, het die polisie gesê.
Volgens ‘n verklaring wat Donderdag deur die polisie vrygestel is, sal meer besonderhede later op ‘n nuuskonferensie bekendgemaak word. Koenig se familie sal dan ook teenwoordig wees.
Die polisie het verslaggewers gevra om in Vancouver bymekaar te kom, waar die liggaam Donderdagmiddag gevind was.
Die 41-jarige Koenig het by vriende in Vancouver gekuier, toe hy ‘n week gelede vermis geraak het.
- Sapa-AP