Life Above All nié vir Oscar benoem
2011-01-25 18:00
Kaapstad – Die Nasionale Film-en-videostigting (NFVF), wat Suid-Afrikaanse rolprente beoordeel en dan een kies om vir die Oscars in te skryf, was teleurgesteld dat hulle keuse dit nie gemaak het nie.
Life Above All, wat in Mei ’n staande toejuiging van tien minute lank by die 63ste Cannes-rolprentfees ontvang het, het nie die kategorie vir beste buitelandse film vir 2011 gemaak nie.
Slegs vyf nie-Engelstalige films word gekies.
“Ons is teleurgesteld, maar terselfdertyd trots dat Life Above All negende gekom het,” het Azania Muendane, hoof van bemarking vir NFVF, gesê.
Die Suid-Afrikaanse filmbedryf het internasionale erkenning gekry toe Tsotsi in 2006 ‘n Oscar-toekenning vir beste buitelandse film ontvang het.
Kliek hier vir ‘n lys van al die Oscar-benoemings.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24