Lewerkanker by Bee Gee-ster gediagnoseer
2011-11-21 11:32
Londen – Robin Gibb, die Bee Gees-sanger en musikant, word vir lewerkanker behandel nadat dit ‘n paar maande gelede by hom gediagnoseer is, het Brittanje se Sunday Mirror berig.
Die 61-jarige Gibb is verlede week in 'n hospitaal opgeneem nadat hy ‘n noodoproep vanaf sy huis in Thame in die suidweste van Engeland gemaak het.
Gibb se tweelingbroer, Maurice, is in 2003 oorlede weens komplikasies met gedraaide ingewande. Sy jonger broer is in 1998 oorlede weens kokaïenverslawing.
Gibb is verlede maand gedwing om verskeie afsprake, insluitend een met die Britse premier David Cameron, te kanselleer nadat hy in die hospitaal opgeneem is met erge maagpyn.
Sy woordvoerder het gesê sy familie wil nie kommentaar lewer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP