Leonard Cohan sak inmekaar
2009-09-19 13:59
Madrid – Leonard Cohen is aan die herstel nadat hy op die verhoog inmekaar geval het.
Hy is tans besig met ‘n toer in die ooste van Spanje.
Die ervare digter en kunstenaar is uit die hospitaal ontslaan nadat hy van maag-kwale gekla het.
Cohen was halfpad deur sy “Bird on a Wire” liedjie, toe hy inmekaar gesak het.
Die band het opgehou speel en hom te hulp gesnel terwyl sy aanhangers verbaas toegekyk het.
Die konsert is stop gesit.
Daar is tans ‘n video op YouTube wat wys hoe Leonard ‘n paar keer tydens ‘n saxofoon solo op sy knieë gaan voor hy omval.
Cohen (72) moes noodgedwonge terugkeer verhoog toe hy uitvind day sy aftreefonds wanbestuur is.
Na Spanje, sou Cohen in Florida optree.
- Sapa