Lennon film by Londen filmfees
2009-08-03 18:08
Londen – Organiseerders van die Londen se filmfees het gesê dat die fees hierdie jaar met die wêreld premier van ‘n nuwe film oor John Lennon se ontwikkelingsjare in Liverpool gaan afsluit.
“Nowhere Boy” gaan oor Lennon as 15-jarige seun en volg sy verhouding met sy vervreemde ma Julia, en sy tannie Mimi wat hom grootgemaak het.
Dit is Sam Taylor Wood se eerste vollengte film, met Aaron Johnson wat Lennon speel, Kristin Scott Thomas as Mimi en Anne-Marie Duff as Julia.
Die 53ste filmfees skop op 14 Oktober met Wes Anderson se animasie film “Fantastic Mr. Fox” af en dit duur tot 29 Oktober.
- Sapa-AP