Legendariese saxofoonspeler sterf
2011-06-19 12:31
New York – Die ster-saxofoonspeler Clarence Clemons, 'n lid van Bruce Springsteen se E Street Band, is dood nadat hy 'n beroerte gehad het, het Amerikaanse media berig.
Die 69-jarige musikant, wat in onlangse jare verskeie gesondheidsterugslae beleef het, het sowat 'n week gelede 'n beroerte gehad en 'n operasie ondergaan. Clemons is Saterdag weens komplikasies van die beroerte oorlede, het CBS berig.
Clemons se laaste vertoning met Springsteen se legendariese rockgroep was in Desember. Hy het ook 'n verskyning gemaak in die liedjie "The Edge of Glory" op Lady Gaga se album "Born This Way" wat onlangs vrygestel is.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP