Lee-Ann se hande glo op sakeman
2009-11-17 12:22
Johannesburg - Skaars ‘n maand nadat sy en Danny K uitgemaak het, is die mooie Lee-Ann Liebenberg in die arms van ‘n nuwe, en moontlik ryker man.
Liebenberg, wat klaarblyklik emosioneel en hartseer was sedert sy en Daniel “Danny K” Koppel uitmekaar uit is, is saam met polospeler en sakeman Nicky van der Walt gesien.
Hulle was saam by die jaarlikse Style Awards-seremonie in Sandton en kon blykbaar nie hulle hande van mekaar af hou nie.
Lees meer op www.timeslive.com