Lee-Ann Liebenberg word ma
2010-10-25 11:00
Kaapstad - Die glanspaar Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt het hul eersteling, Gia, in die wêreld verwelkom.
Baba Gia, wat 3,26kg geweeg en 53cm lank is, is 07:47 Maandagoggend in die Park Lane-kliniek gebore.
'n Opgewonde Van der Walt het gesê ma en baba is albei gesond.
"Dit is die mees asemrowende ondervinding waardeur ek al ooit is. Om te sien hoe Lee-Ann my dogter vashou, is die beste oomblik van my lewe."
Hy het gesê sy kleinding is die mooiste mens wat hy al ooit gesien het.
"Gia lyk soos Lee-Ann. Haar gesigkenmerk en neus..."
Die paartjie het vroeër vanjaar in Indië verloof geraak en trou in Maart volgende jaar in Kaapstad.
Liebenberg sal na verwagting vroeg volgende jaar na die loopplank terugkeer.
Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24