Law & Order: Cape Town eersdaags op kassie
2011-08-18 12:25
Kaapstad – Suid-Afrika kry eersdaags sy eie Law & Order-reeks, genaamd Law & Order: Cape Town.
Verfilming van die eerste episodes begin reeds in Mei 2012 in die Moederstad.
Die eerste seisoen van dié gewilde regsdrama sal uit 12 episodes bestaan en die verfilming sal slegs in Kaapstad plaasvind.
Plaaslike weergawes van die drama is ook reeds in Rusland, Frankryk en Brittanje te sien.
Die Kaapstadse Filmkommissie het aangekondig dat James Makwana en Kenny Christmas van Africa HD in beheer is van die televisiereeks nadat Africa HD die regte bekom het om ‘n Suid-Afrikaanse weergawe te vervaardig.
Die produksiespan sal uit meestal plaaslike mense bestaan.
Verskeie paaie sal vanaf Mei 2012 in Kaapstad gesluit wees omdat die reeks tonele op paaie in die Moederstad sal insluit.
– Channel24.
– Volg Nuus24 op Twitter.